zaterdag 11 januari 2014

n Geseende nuwejaar!!!

Geseende nuwejaar!!!

Ons wens alle mense n geseende en voorspoedige nuwejaar toe. Dit is alweer 2 jaar gelede dat ons 
vertrek het uit Suid Afrika. Ons dogters is al gegroeid en ons  geniet elke dag van hulle. Aan al die 
familie, vriende en familie in Suid Afrika hartlike groete en God's seen vir die nuwejaar.

Groete

Abe, Mirjam, Sharisa & Joelle

dinsdag 28 februari 2012

Hiep Hiep Hoera my 1ste jaar!!








Vandag presies n jaar gelede is ons tweede dogter Joelle gebore en wat wonderlik om haar verjaarsdag vandag te vier.Ons is baie dankbaar dat sy gesond en goed na uitsien.Vanoggend toe sy wakker word en ons haar na die woonkamer neem vind sy alles(ballone, vlaggies & geskenkies) interessant.Om haar verjaarsdag nog meer oulik te maak gaan ons met ouma na die swembad vandag ,want Joelle vind swem geweldig en daarna vanaand eet ons n happie saam.Dit word n mooie en geseende dag vir ons kleine prinsessie.Ons wil God's rykste seen oor haar lewe uitspreek en weet dat dit net goed sal gaan.

maandag 20 februari 2012

Hiep Hiep Hoera!!







Dit was n gesellige mooi dag vir my skatjie wat gister verjaar het en 30 jaar geword het. Dit was die keer net ons en die familie,want natuurlik is dit Mirjam se eerste verjaarsdag op Nederlandse bodem. Alles het gesellig, mooi en heerlik uitgesien. Ek en die meisies is baie trots op Mirjam en wens haar alles wat mooi, goed en seeninge toe.

dinsdag 7 februari 2012

Fantastiese uitsig




Wat n fantastiese uitsig vanuit ons huisie en dat ons soggens opstaan en mooie sonopkoms kan sien en geniet van. God het ons werklik geseen met n pragtige huisie en uitsig. Met die kombers van sneeu ook nog daarby word dit net al hoe mooier. Dit is wel koud buite, maar lekker warm en gesellig in huis. Ons waterleiding was Sondag bevries en mense dis nie iets wat ons bly gemaak het nie. Op eens was ek so negatief en wil terug na SA, maar onmiddellik het ek weer dankbaar geword vir wat ons het. Dit is werklik n wonderwerk dat ons hier is en woon. Ek praat nog gisteraand met my moeder en sy noem dat dit verskriklik warm is en in die anderkant het ons weer die koue. Wat dankbaar is ek dat ons die koue het en nie die hitte en warmte nie. Hopenlik kom die voorjaar aan en ek merk dit deurdat dit saans n bietjie later donker word. Binnekort kan ek weer my kortbroek dra.

vrijdag 3 februari 2012

Winter in Holland








Dit is noual twee maande gelede dat ons Suid-Afrika verruil het vir Holland en dit gaan baie goed met ons. ons as gesin is gelukkig en gesond en geniet elke moment van onsblyhier in Holland. Mirjam werk bedags en ek (Abe) hanteer die huishouding en kyk na my twee prinsessies. Sharisa & Joelle geniet ek elke dag en ons groei al hoe nader na mekaar toe as vader en dogters. Oomblikke soos hier in die sneeu geniet ek en Mirjam werklik om met ons kinders te speel. Sharisa is heeltemal gek op die sneeu en wil dit eet. Joelle sit en speel net rustig en wil glad nie opgetel word nie.