Liewe Familie & Vriende
Dit is vir ons n voorreg om aan te kondig dat
die Here ons geseen het met n pragtige baba
dogtertjie met die naam SHARISA BAARDMAN. Sy is gebore op 30/03/2009 om
22H10 die aand is gesond.
Ons opregte dank aan ons hemelse Vader vir die
lewe van SHARISA en ons besef dat God ons guns oor ons lewens bewys. Die feit dat sy gesond is en lewe is n teken van God se liefde. Die gebed van ons hart is dat die Here sy doel en plan in SHARISA se lewe sal bereik volgens Jeremia 29:11.
Ons verklaar al die plane wat God vir ons kindjie se lewe het
nou en sal haar groot maak vir Sy doel en plan.
Met Mirjam gaan dit baie goed en ons ia albei opgwonde. Dit was vir n baie spesiale
oomblik toe SHARISA haar verskyning maak. Dit maak ons gelukkig om haar huil
en stem te hoor. Ons is absoluut in ekstase en wil al die lof, eer en dank aan God toeswaai.
Nogmaals baie dankie vir elkeen se gebede, bemoedigings & liefde gedurende die tyd van ons
swangerskap. Ons waardeer wat elkeen vir ons tot dusver en verder sal beteken.
Mirjam sal nog in die hospitaal bly tot Donderdag waarna ons na huis sal kom en SHARISA
tuis sal wees.
Groete
Abe ,Mirjam & Sharisa