zaterdag 26 december 2009


Ou Kersdag was ek en Mirjam, Meta & Sharisa na Gouda vir die dag. Dit was baie lekker gewees en die stad was vol van menese wat nog die laaste kersinkopies gedoen het. Meta is die aand weer terug na Utrecht. Kersdag was vir ons baie besonder, want op hierdie dag is my moeder ook jarig. Ons was eers na die kerk en die kersdiens bygwoon wat baie goed was. Ek het na die diens my moeder gebel in Suid-Afrika en haar geluk en seën toegewens vir haar verjaarsdag asook vir Kersfees. Later die dag het Dawid, Ragel & Jael hulle opwagting gemaak en ook Michel en Esther aangesien ons later n kersete geniet het. Dit was so lekker om te sien hoe Sharisa haar ooms en tantes geniet. Kersfees is werklik n tyd waar familie byeenkom en God dank vir Sy Seun Jesus wat na die aarde gekom het sodat ons nie verlore mag gaan nie.


Dit was nou werklik n heerlike dag met al die familie en ons het elke oomblik geniet. Ek en Mirjam het ook n voorreg (brujanie) voorberei en almal was dit eens dit baie lekker was. Mamma het vir hoofgereg lekker couscous gesorg en die was baie lekker. Ons het nog tot laat gekuier en dit was net lekker om die familie bymekaar te hê en te geniet.
Ek glo en hoop dat alle ander familie en vriende ook n mooi Kersdag geniet het. Geniet die vakansie verder. Groete uit Holland. Familie Baardman (Abe, Mirjam & Sharisa)

2 opmerkingen:

Anoniem zei

Gezellige foto`s!!!!
Mams

Anoniem zei

Hé allemaal,

Ik wens jullie allemaal een knallend uiteinde met heerlijke oliebollen en warme gezelligheid!

groetjes,
Clarinda