dinsdag 22 december 2009



Sneeu net oral waar jy kyk en is ons nie geseënd hierdie ervaring mee te maak nie. Oral speel kinders in die sneeu, gooi mekaar met sneeu en maak sneeu poppe.
Hierdie sneeupop hierbo is deur ek en Mirjam in die agterplaas gemaak. Ons geniet werklik ons vakansie en nou maar vir 4 dae in Holland. Ons aankoms was werklik n verrassing met al die familie wat ons verwelkom het op die lughawe. Sharisa vind dit nog so bietjie vreemd,maar dis te verstaan om sommer skielik in n ander land, met winter skielik is natuurlik n skok,maar sy raak gewoond aan Holland. Dis so lekker om n bietjie laat uit die bed te kom en te weet dat jy nie hoef bekommerd te wees oor werk of iets nie. Ons gaan en sal elke oomblik van ons vakansie geniet en die familie rondom ons. Alles hier in Europa is gereël, ek was gister regtig beindruk
met die reël van Mirjam se paspoort. Alles was binne 5 minute gereël sonder enige probleme. Sy haal dit Donderdag af, ons Suid Afrikaners kan gerus n bietjie kom leer by Nederland. Aan alle familie en vriende by die huis wens ons n geseënde Christus fees en n voorspoedige Nuwe jaar toe. Groete uit Nederland, Familie Baardman.

1 opmerking:

Anoniem zei

Wat vind ik dit mooi, dat je hier in het Zuid Afrikaans schrijft.
Ook aan je kind (eren) leren hoor.

Wij spreken Fries, en gelukkig kunnen onze kinderen het ook schrijven, (op school geleerd).

Zalig Kerstfeest,

Fryslân.