dinsdag 7 februari 2012

Fantastiese uitsig




Wat n fantastiese uitsig vanuit ons huisie en dat ons soggens opstaan en mooie sonopkoms kan sien en geniet van. God het ons werklik geseen met n pragtige huisie en uitsig. Met die kombers van sneeu ook nog daarby word dit net al hoe mooier. Dit is wel koud buite, maar lekker warm en gesellig in huis. Ons waterleiding was Sondag bevries en mense dis nie iets wat ons bly gemaak het nie. Op eens was ek so negatief en wil terug na SA, maar onmiddellik het ek weer dankbaar geword vir wat ons het. Dit is werklik n wonderwerk dat ons hier is en woon. Ek praat nog gisteraand met my moeder en sy noem dat dit verskriklik warm is en in die anderkant het ons weer die koue. Wat dankbaar is ek dat ons die koue het en nie die hitte en warmte nie. Hopenlik kom die voorjaar aan en ek merk dit deurdat dit saans n bietjie later donker word. Binnekort kan ek weer my kortbroek dra.

Geen opmerkingen: