dinsdag 28 februari 2012

Hiep Hiep Hoera my 1ste jaar!!








Vandag presies n jaar gelede is ons tweede dogter Joelle gebore en wat wonderlik om haar verjaarsdag vandag te vier.Ons is baie dankbaar dat sy gesond en goed na uitsien.Vanoggend toe sy wakker word en ons haar na die woonkamer neem vind sy alles(ballone, vlaggies & geskenkies) interessant.Om haar verjaarsdag nog meer oulik te maak gaan ons met ouma na die swembad vandag ,want Joelle vind swem geweldig en daarna vanaand eet ons n happie saam.Dit word n mooie en geseende dag vir ons kleine prinsessie.Ons wil God's rykste seen oor haar lewe uitspreek en weet dat dit net goed sal gaan.

Geen opmerkingen: