zondag 15 juni 2008

10 suksesvolle jare!!!



Vandag presies 10 jaar gelede het ek(abe) vir Absa Bank begin werk. Onthou nog n jaar voordat ek skool voltooi het, het ek geprofeteer oor my eie lewe sou ek nie die gelentheid kry om te gaan studeer nie gaan ek defnitief in n bank werk. Min het ek geweet dat my woorde kragtig was ,want presies n jaar daarna het ek in die bank begin werk. Ek moet vandag eerlik se dat as dit nie vir die Here was nie sou ek nooit kom waar ek vandag is nie, maar danksy Sy genade is ek waar ek is en belangrik wie ek is. Alle ere aan God my Vader vir al sy seeninge oor my lewe. Deur my beroep in die bank te begin was ek eers n teller en het en was net altyd dankbaar dat ek die geleenthied gekry het om so n loopbaan te begin. My opgroei as kind was nie so maklik nie ,maar vandag wil ek vir mamma dankie se vir die voorbeeld en pad wat sy vir ons geloop het en ek is wie ek is vandag. n Vrou van geloof wat kon droom vir haar seun asook kinders in so n mate dat sy net die beste drome vir hulle gehad het. Ek is baie lief vir my moeder, sy het ons baie eenvoudig in geloof groot gemaak en haar deursettings vermoe het my baie gemotiveer. My opregte dank aan n moeder duisend. Vandag is ek n volwasse man en is regtig opgewonde vir wat God nog deur my en my vroulief(mirjam) gaan doen. Die belofte van die Here staan onbeweeglik vas teenoor ons en selfs on generasie wat nog moet kom. Vader dankie vir 10 mooie en geseende jare by Absa en alle lof en eer aan U. U is my rots en vesting en op u vertrou volkome. Dankie Vader......Abe

2 opmerkingen:

Anoniem zei

Gefeliciteerd met je 10 jarig jubileum bij de bank!!! En dat jij en Mirjam nog maar vele mooie jaren mogen meemaken samen.
Gr esther

Anoniem zei

GEFELICITEERD!!!!!!!!!!!!!!!
God is het die zowel het willen als het werken in ons werkt.
Liefs, mamma